Monday, 26 August 2013

Wat is 'n gesonde kosblik

Kinders se dieet is van die belangrikste aktiwiteite van skool.
Hul het 'n gesonde eetplan nodig om optimaal te kan konsentreer.
Dit is van kardinale belang dat hul 'n gebalanseerde dieet moet volg om tot gesonde leerders te groei en te funksioneer.
Al vier voedselgroepe moet in ag geneem word.
Hier is 'n paar kreatiewe idees.



9 comments:

  1. Post asb jul eie idees en kommentaar.
    Soek nog idees asb.

    ReplyDelete
  2. Ek het die afgelope maand ernstig besluit om ons gesin se eetgewoontes aan te pas en besef watter invloed dit het op ons energievlakke. Vandat ons kosblikke anders pak met 'n meer gesonde inhoud, presteer die kinders beter op die sportveld en hul konsentrasievlakke het verbeter in die klaskamer. Ek soek wel graag idees om nie die kinders af te skrik met die "gesonde" kosblik nie. Enige voorstelle vir interessante verskeindenheid kosblik idees?

    Gesonde "nuwe" mamma

    ReplyDelete
  3. Kosblikke is vir my die moeilikste ding om gesond te hou... Ek is geneig om 'n KFC burgertjie en 'n gaskoeldrankie in te pak, met 'n lekker. Dit is vinnig en maklik. Ek besef ek doen my gesin 'n onreg aan en my oudste seun sukkel om deur die loop van die dag sy konsentrasie te behou. Conrad jou kosblik idees prikkel my kreatiewiteit.
    Baie Dankie!!





    ReplyDelete
  4. Dankie vir almal se terugvoer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. This comment has been removed by the author.

      Delete
  5. Gesonde kosblikke speel 'n baie belangrike rol in vandag se lewensstyl. 'n Gesonde kosblik verg dalk meer tyd aan voorbereiding as om net vinnig 'n paar lekkers of kitskos in te pak. Deur om kinders en selfs jou man se kosblikke goed voor te berei met gesonde kossoorte het al aan my bewys dat my kinders se konsentrasie langer hou deur die dag en op so manier eet my kinders gesond en hulle gesondheid is op standaard.

    Baie dankie Conrad vir die oulike voorbeelde van gesonde kosblikke!!!

    ReplyDelete
  6. Dit is baie belangrik vir my om nie net vir my kinders gesonde kosblikke te pak nie, maar ook om vir hulle te leer hoekom dit belangrik is om gesonde te eet. Genadiglik is kennis daagliks toeganklik danksy die internet! Hier is 'n paar foto's wat ek vir my kinders gewys het wat ons nie net leer nie, maar ook laat twee keer dink voordat ons iets eet. As ek sukkel by die huis dat hul groente eet - wys ek hul net weer die foto's!! ;-D

    Hier is die foto's:

    http://www.flickr.com/photos/100870490@N05/9610118974/

    http://www.flickr.com/photos/100870490@N05/9610118908/

    http://www.flickr.com/photos/100870490@N05/9606888119/

    ReplyDelete
  7. Dankie vir die oulike kosblik idees, Conrad!! Ek is 'n groot aanhanger van gesonde en onverwerkte kosse.

    ReplyDelete
  8. Baie dankie vir almal se insette en idees. Net 'n gedagte vir die dag "'n Gesonde kind is 'n gelukkige kind."

    ReplyDelete